Halaf-beskawing

Halaf-beskawing
Die Halaf-beskawing (groen) naas dié van Samarra, Hassuna en Obeid.
Die Halaf-beskawing (groen) naas dié van Samarra, Hassuna en Obeid.
Streek Mesopotamië
Tydperk Neolitikum
Datums c. 6100-5100 v.C.
Tipeterrein Tell Halaf
Belangrike terreine Tell Brak
Voorafgegaan deur Neolitikum B voor erdeware
Opgevolg deur Noord-Obeid-tydperk

Die Halaf-beskawing is ’n prehistoriese argeologiese kultuur in Noord-Mesopotamië wat rofweg van 6100 v.C. tot 5100 v.C. geduur het.[1] Dit was hoofsaaklik in die vrugbare vallei van die Khaburrivier van Suidoos-Turkye, Sirië en Noord-Irak geleë, hoewel materiaal wat deur Halaf beïnvloed is, deur die hele Groter Mesopotamië ontdek is.

Hoewel die beskawing genoem is na die terrein by Tell Halaf in Noord-Sirië, wat tussen 1911 en 1927 deur Max von Oppenheim uitgegrawe is, is die vroegste Halaf-materiaal in 1908 deur John Garstang ontdek by Sakce Gözü, toe in Sirië maar nou deel van Turkye.[2] Klein hoeveelhede Halaf-materiaal is ook in 1913 deur Leonard Woolley uitgegrawe by Carchemish, aan die grens van dié twee lande.[3] Die belangrikste terrein vir die Halaf-tradisie is egter by Tell Arpachiyah, nou in die voorstede van Mosoel, Irak.[4]

Die Halaf-tydperk is gevolg deur die Halaf-Obeid-oorgangstydperk, wat die laat Halaf (omstreeks 5400-5000 v.C.) ingesluit het, en daarna deur die Obeid-tydperk.

  1. Mario Liverani (2013). The Ancient Near East: History, Society and Economy. p. 48. ISBN 9781134750849.
  2. Castro Gessner, G. 2011. "A Brief Overview of the Halaf Tradition" in Steadman, S and McMahon, G (eds.) The Oxford Handbook of Ancient anatolia. Oxford: Oxford University Press. p. 780
  3. Castro Gessner, G. 2011. "A Brief Overview of the Halaf Tradition" in Steadman, S and McMahon, G (reds.) The Oxford Handbook of Ancient anatolia. Oxford: Oxford University Press. p. 781
  4. Campbell, S. 2000. "The Burnt House at Arpachiyah: A Reexamination" Bulletin of the American Schools of Oriental Research no. 318. p. 1

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search